VLAK VAN DIE VOëLVLEI DAM
Vlak op Maandag 24 Julie: 21.9%
Vlak op Maandag 31 Julie: 21.9% (geen styging)
Die huidige vlak van die Voëlvleidam is 29.5% laer as dieselfde tyd verlede jaar toe die dam reeds op 51.4% gestaan het.
Op 31 Julie was die gesamentlike vlak van damme wat water aan die Kaapse Metropool lewer (insluitende die Voëlvleidam) 27.9% teenoor die 53.1% dieselfde tyd verlede jaar (25.2% laer as verlede jaar).