Tannie Nemesia Clarence, ‘n oud inwoner van Moorreesburg, het met die louere weggestap met ‘n resep wat sy van haar Ma gekry het en sy was op 27 Februarie 2018 by die ACVV Dienssentrum gekroon as ons Melktert Koningin 2018 op Nasionale Melktertdag!

 

Melktert Dag Kompetisie Wenners

Daar was nie minder as 20 deelnemers! Asook 9 beoordelaars in 3 spanne ingedeel waaronder daar talle kenners was – en die nie-kenners se kennis en selfvertroue het van Melktert 3 aansienlik meer geraak….

Beoordelaar spanne was:

1. Tannie Ellen Wiid van Moorreesburg met Ennerien Aucamp vd Sakekamer en Henry April van die ACVV Huis Moorrees.
2. Tannie Anna Pagel van Moorreesburg met oom Pien Bester, oud boer en inwoner van Moorreesburg en oom Koos Smith – hulle het vir groot pret gesorg met hul kwinkslae, maar ook die proetaak met groot erns uitgevoer…!
3. Marion Coetzee van ACVV Huis Moorrees met spanlede Oom John Wium van Moorreesburg en Raadslid Marlene van Zyl van Moorreesburg.

In tweede plek was Emma van der Merwe van Moorreesburg en 3e plek het gegaan aan Tannie Ida van Zyl van Chrisbahof in Moorreesburg. Dis duidelik dat die ouer garde met die uitsondering van Emma vd Merwe, met hul resepte wat die toets van die tyd weerstaan het, ‘n groot impak op die kompetisie gehad het!

By OverbergAgri is die personeellede ook trakteer met melktert en so ook by Hmo Meubels en TAH Moorreesburg Dierehospitaal.

HMO Meubels Moorreesburg Dierehospitaal Overberg Agri

Die foto’s van die dag kan gesien word op ons Facebook Blad!

 

Emma van der Merwe wat 2de plek in ons Melktertdag kompetisie gekry het, het hierdie resep gebruik!

 

Print Recipe
2018 Moorreesburg Melktert Kompetisie Resep
Emma van der Merwe wat 2de plek in ons Melktertdag kompetisie gekry het, het hierdie resep gebruik!
Emma - Melktert
Course Dessert
Cuisine South African
Servings
melkterte
Ingredients
Skilferkorsdeeg
Melktert
Course Dessert
Cuisine South African
Servings
melkterte
Ingredients
Skilferkorsdeeg
Melktert
Emma - Melktert
Instructions
Metode vir Skilferkorsdeeg: (hou botter yskoud, werk vining en laat die deeg 8 ure rus voor gebruik!)
  1. Deel die botter in 3 gelyke dele en hou dit in die vrieskas.
  2. Sif die meel en sout saam in ’n mengbak.
  3. Klits die eiergele, yswater en suurlemoensap of brandewyn saam. Voeg dit by die meel en meng tot ’n stywe deegvorm.
  4. Knie die deeg tot glad en elasties – sowat 5 min lank. Gooi die deeg 100 keer op die meelbestrooide werkoppervlak.
  5. Rol die deeg in ’n vierkant van 35 x 35 cm en rasper een-derde van die botter oor die deeg. Vou die deeg na die middel, sye bo-oor en koppe oormekaar (soos mens ’n laken opvou...)
  6. Rol weer uit, rasper nog een-derde van die botter oor die deeg en vou weer soos beskryf. Herhaal nog ’n een keer om die laaste botter te gebruik. Plaas die deeg in ’n plastieksakkie en plaas oornag in die yskas.
  7. Rol die deeg uit en voer 2 blikborde daarmee uit.
Metode vir Melktert:
  1. Voorverhit die oond tot 200°C
  2. Verhit die melk, die amandelgeursel, die helfte van die suiker en die kassia in ’n kastrol oor matige hitte. Verhit tot kookpunt.
  3. Meng die res van die bestanddele, behalwe die eierwitte, saam met nog bietjie melk en roer vinnig by die melkmengsel sodra dit begin kook. Kook die mengsel tot dik. Roer aanhoudend. Verwyder van die hitte.
  4. Klits die eierwitte tot styf en vou dit by die melkpap in. Skep in die voorbereide deegkorse. Bak 30 minute lank tot bruin vlekke bo-op begin vorm.
Share this Recipe

 

Laat weet vir ons as jy die resep uitgetoets het en hoe dit uitgekom het!