Moorreesburg Sixes

Al die voete lei na Moorreesburg op 30 November vir die MOORREESBURG SIXES op die GENE LOUW Sportgronde, Moorreesburg!

Baie pret en plesier, ontbyt, lekker eetgoed, kindervermaak, bier en wyntuin, snuistery stalletjies, 45 van Overberg se verskaffers wat hul produkte gaan uitstal, skape op die spit vir die beste vleisrolletjies en vele meer!

12 Krieketspanne gaan deur die loop van die dag meeding teen mekaar met die mees ‘talentvolle’ spelers wat dan gekies word vir die gesogte Moorreesburg Sixes DreamTeam… – of vir hul talent of dalk vir hul toeskouervermaak – …met bekendes wat ook spanne gaan vorm vir bietjie glitz en glam! Ernstige krieket wat gepaard gaan met baie kwinkslae en grappies, met heeltydse pittige kommentaar!

Ons bedank Die Gazette wat ons media borg is en blootstelling gaan gee aan besighede wat deel wil wees van hierdie event – ons bedank diegene wat reeds aan boord is: TipTrans, Roto Tanks, Johann Smuts Sign Shop, HMO Meubels, SPH Kundalila groep, Faai de Jagers Kaste, Swartland Munisipaliteit, Die Moorreesburger, Lionsklub van Moorreesburg, Huis van Heerde kinderhuis, VGK Kerk, Laerskool Dirkie Uys  – ons wil op die besighede van Moorreesburg ‘n beroep doen om deel te wees – jou kans op wonderlike blootstelling! Komaan! Moorreesburg is JOU dorp en al die geld wat ingesamel gaan word, word net so teruggeploeg in die gemeenskap!

Kom wees deel van hierdie dag van 07h30 tot laat!

R40 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 18 jaar. Gedryf deur die Sakekamer van Moorreesburg tesame met Moorreesburg/Koringberg Toerisme.

Vir meer detail, kontak Anel King by die Toerismekantoor:
022 433 1072 of 082 731 3432