From the sheaf to the table / Al die prosesse wat nodig is om koring van die land tot op die tafel te kry sal gedemonstreer word
Kom kuier om Moorreesburg 2 Desember en beleef die platteland soos nog nooit tevore nie! Die Koringbedryf Museum bied weer hul jaarlikse Oesdag aan en dié jaar sal weer nie teleurstel nie!
Op die dag kan jy uitsien na vele hoogtepunte wat sal insluit:
- Masjienerie wat gebruik gaan word wat afkomstig is van die vroëe & laat 20ste eeu
- Esels van Wupperthal op die dorsvloer en voor die snymasjien
- ‘n Donkiebaler
- Broodbak demonstrasie / brood verkope / langste brood
- Stokbrood demonstrasie en kompetisie met chef Tiaan Langenegger (Kokkedoor)
- Varsgemaalde meel
- Veteraan Motorfietse
- Stalletjies met tradisionele kosse en handgemaakte produkte
- Biertuin
- Kindervermaak
- Musiek deur Blackie de Swardt se Boereorkes
Datum: 2 Desember 2017
Venue: Koringbedryf Museum, Piketberg Rd, Moorreesburg
Ingang: R20 – Volwassenes
R10 – Kinders & Seniors
Tyd: 09h00
Meer inligting: 022-433 1093