UITNODIGING: 1STE HUIS VAN HEERDE SPOGAAND!!
Huis van Heerde Kinderhuis sorg daagliks vir 70 sorgbehoewende kinders (1-18 jaar oud) wie of wees gelaat is of deur die kinderhof uit ouerlike sorg verwyder is. Om ten volle aan die kinders se emosionele, fisiese, intellektuele en geestelike behoeftes te voorsien, is ons genoodsaak om hulp vanuit die gemeenskap te versoek.
Ons poog om die emosionele en fisieke skade wat kinders opgedoen het effektief aan te spreek en aan elke kind die geleentheid te bied om so normaal moontlik binne die gemeenskap te kan leef. Ons kinders is afkomstig regoor die hele Swartland & Weskus streek.
Dit is moeilike tye en ons probeer om ‘n impak op kinders, hul ouers, die samelewing en Suid-Afrika te maak en benodig u hulp.
Ons nooi u uit na ons 1ste Huis van Heerde Spogaand & Stille Veiling op 17 Julie 2024 en maak staat op u ondersteuning. Kom geniet ‘n aand van goeie kos, voorberei deur Chef Matthew Dreyden, en goeie geselskap saam met ons. Daar sal ook deur die loop van die aand ‘n fondsinsameling in die vorm van ‘n “Silent Auction” gehou word.
Die fondse van die spogaand sal aangewend word vir talle projekte wat ons nog graag wil voltooi by Huis van Heerde. Meer inligting aangaande hierdie projekte sal tydens die verloop van die aand aan u bekend gemaak word.
Aangeheg vind asb ons uitnodiging en bankbesonderhede. RSVP Asseblief, tesame met bewys van inbetaling, voor of op 12 Julie 2024 by bemarking@heerde.co.za