Moorreesburg Lionsklub vier gedurende Oktober hul 20ste verjaarsdag en aangesien hierdie organisasie oor diens aan die gemeenskap gaan, het hulle besluit om op 6 Oktober ‘n Langtafel-ete in die park in Langstraat aan te bied.
Alle inwoners van Moorreesburg word genooi om te kom deelneem, want die wins van hierdie besonder “EERSTE” geleentheid vir Moorreesburg, gaan t.b.v. Huis van Heerde. Al die Spyseniers op die dorp gaan hande vat en ‘n stylvolle drie-gangmaaltyd voorberei en die bekende Wynand en Cheree gaan vir vermaak sorg.

Het jy
· ‘n diens of gawe wat jy graag wil aanbied,
· Wil jy ‘n kaartjie vir die aand bekom,
· Of wil jy dalk ‘n donasie maak?

DATUM: 6 OKTOBER 2017
TYD: 19:00
PLEK: Langpark Langstraat Moorreesburg
KOSTE: R300

Kontak: helena@onbedacht.com (Lions) Of Ansunette by 022 433 1042 / 082 828 8505 (Huis van Heerde)