From the sheaf to the table  /  Al die prosesse wat nodig is om koring van die land tot op die tafel te kry sal gedemonstreer word


Kom kuier om Moorreesburg 2 Desember en beleef die platteland soos nog nooit tevore nie! Die Koringbedryf Museum bied weer hul jaarlikse Oesdag aan en dié jaar sal weer nie teleurstel nie!

Op die dag kan jy uitsien na vele hoogtepunte wat sal insluit:

  • Masjienerie wat gebruik gaan word wat afkomstig is van die vroëe & laat 20ste eeu
  • Esels van Wupperthal op die dorsvloer en voor die snymasjien
  • ‘n Donkiebaler
  • Broodbak demonstrasie / brood verkope / langste brood
  • Stokbrood demonstrasie en kompetisie met chef Tiaan Langenegger (Kokkedoor)
  • Varsgemaalde meel
  • Veteraan Motorfietse
  • Stalletjies met tradisionele kosse en handgemaakte produkte
  • Biertuin
  • Kindervermaak
  • Musiek deur Blackie de Swardt se Boereorkes

 

Datum: 2 Desember 2017   

Venue: Koringbedryf Museum, Piketberg Rd, Moorreesburg

Ingang: R20 – Volwassenes

R10 – Kinders & Seniors

Tyd: 09h00

Meer inligting: 022-433 1093